Seun verloor been, Pa gelyktydig met kanker gediagnoseer
Inwoners van die Vaaldriehoek, kan ons saamstaan en dringend hulp hier verleen?
Goeie dag al my vriende.
Vanaand kom ek en ek vra vir hulp met ‘n swaar hart. Sasolburger Wayne Schreuder (33) het verlede Donderdag ‘n baie groot operasie ondergaan om die bloedtoevoer na sy been herstel te kry. Om sy lewe te kon red moes die dokters sy ander been ook amputeer. Sy ouers het nie die fondse om hul huis “rolstoelvriendelik” te maak nie. Sy ma Jenny Schreuder is steeds by hom in Bloemfontein by die hospitaal, maar sy pa Johan Schreuder moes terugkom Sasolburg toe vir sy kankerbehandeling en kan self nie die huis verander nie.
Ek smeek ieder en elk wat moontlik kan help om die huis te verander om asseblief met sy ma Jenny Schreuder in verbinding te tree. Hoe gering ook al, enige hulp sal welkom wees. Ek doen ook ‘n beroep op die privaatsektor om betrokke te raak en die familie te help.
Ek het die volgende boodskap van sy ma gekry, en dit lê swaar op my hart dat ons as gemeenskap die familie moet bystaan so gou moontlik, want die kanse is goed dat Wayne vroeg volgende week ontslaan kan word.
“Baie dankie, van die mense wat van die begin af gesè het hul sal help het reeds onttrek omdat ons nie kan betaal nie, borge wat hul mee gepraat het, kan nie help nie.. ander het nog net nie kontak gemaak of opgedaag nie.. Op hierdie stadium is daar nog net iemand wat ramps maak vir die gang tussen sy kamer en die badkamer asook die trappie na die kombuis.. Moet nog ramp gemaak of gebou word om in en uit die huis te kom, badkamer moet oopgebreek word na toilet anders gaan hy nooit die toilet kan gebruik nie.. wil reëling by sy bed asook by bad opsit sodat hy homself kan help om in/uit te kom. Indien iemand ons kan help om vir hom lugmatras vir sy bed te kry sal dit awesome wees omdat hy n diabeet is en alreeds in ICU bedsere gekry het wat baie pynlik is.. Drs het vandag vir hom een gekry hier en hy sè dat dit die eerste keer vanaf sy operasies is wat sy pyn leefbaar is.”
Ek wil ook vra dat julle asseblief hierdie post sal share met al julle vriende?
Volg Wayne se verhaal en vordering op sy ma Jenny Schreuder se blad.
En hier is nog ‘n briefie van Wayne se ma, Jenny:
Vandag kom ons na elkeen wat Wayne se vordering volg op fb om hulp te vra, nie vir ons nie maar vir sy lewe vorentoe.. Dit gaan reeds moeilik wees vir hom om aan te pas by sy nuwe lewe sonder bene en Johan Schreuder en ek sal alles in ons vermoë doen om sy lewe makliker te maak net vir die basiese benodighede.. Die dag meer as 20 jaar gelede was ons prioriteit om ‘n huis te koop waar elkeen van ons seuns sy eie kamer sal hè om in groot te word asook om naby die skool en kerk te wees.. Die HERE het ons droom waar laat word en ons seuns het opgegroei in vier awesome manne en hul grootmens wèreld daar buite begin.. Ons is trots op elkeen van hulle.. Nadat Wayne Schreuder sy regterbeen verloor het nege mnde terug was daar nie ‘n probleem nie omdat hy met krukke rondbeweeg het.. Die grootste struikelblok as ons hom nou huis toe vat met ‘n rolstoel kan hy nerens in die huis rond beweeg nie.. Daar is vier trappies tussen sy kamer en die badkamer, daar is trappies na die kombuis en sitkamer, daar is trappies by die voordeur vir in en uitgaan.. Johan Is vanaf 2015 op vroë pensioen na groot skade in sy hart nadat hy vier hartaanvalle in vyf dae oorleef het, Ons het nou in Februarie, dieselfde dag wat Wayne gediagnoseer is as diabeet bevestiging gekry dat Johan kanker het.. Ons het nie fondse om ons huis rolstoel vriendelik te maak nie.. Ons wil vra of daar iewers nie moontlikheid is van verskeie sponsers asook iemand wat weet hoe om die veranderings te kan maak (Johan sal dit nie self kan doen nie) om bereid is om ons te help om ons kind huis toe te kan bring sonder dat hy voel hy is nog meer afgesny van net die basiese beweging in die veiligheid van die huis as die feit dat hy nie meer bene het nie.. Ons besef dit gaan baie wees om te vra maar op ons eie kan ons dit glad nie doen nie.. Ons moet nou alles doen wat ons kan om hom huis toe te kan bring.. Baie dankie nog vir elke gebed, hy het nog ‘n lang pad na herstel voor hom. Die harde werk gaan eers begin sodra hy uit ICU skuif en sonder bene moet begin beweeg.
(By voorbaat dankie aan elke individu of sakeonderneming wat dalk gaan help, hetsy deur geldelike skenkings, of skenkings van boumateriaal, of om te help om die huis rolstoelvriendelik te maak. Enigiemand wat wil help, kan ‘n WhatsApp of SMS stuur aan Vaalweekblad by 083 246 0523 of e-pos na rfichat@media24.com. Ons sal u boodskappe aan Wayne se ouers oordra. Redakteur – Vaalweekblad/Ster.)



