Luister maar as dié ‘gevoel’ jou waarsku – Amore
Die stemmetjie in jou agterkop wil jou dalk help om nie verkeerde keuses te maak nie, sê Amore Bekker

Die Dink en Doen Damesklub in Vanderbijlpark het op 8 Mei besoek ontvang van Amore Bekker van TV- en radiofaam. Sy het uit haar lewenservaring vertel hoe die Here mens dikwels waarsku deur ‘n ‘gevoel’ wat jy in sekere situasies kry, wanneer jy voor verkeerde keuses en mense te staan kom. Volgens haar ignoreer ons dikwels die gevoel, om dan later uit te vind dat dit indirek ‘n waarskuwing was. Die bywoning van die byeenkoms was uitstekend. ‘n Bykomende 14 gaste en vyf nuwe lede was die oggend teenwoordig. Tydens die Junie-byeenkoms ontvang die klub vir Ricardo Viëra, die “drum messenger”. Ledegeld word pro rata gehef en nuwe lede en gaste is welkom om Dink en Doen se byeenkomste teen R50 per keer by te woon. Nadere besonderhede is beskikbaar by Maggie by 082 375 2780. Onder die lede en gaste by die Mei-byeenkoms was (op die foto van links): Annette Lingenfelder, Olga Pretorius, Lynete Cilliers, Amore Bekker, Caren van Rensburg en Johanna Taute.



