Affies se netbalafrigters skitter
Die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg het beslis rede om te spog met hul uitblinker-netbalafrigters
SASOLBURG. – Die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg het beslis rede om te spog met hul uitblinker-netbalafrigters.
Mej. T. Stander is verkies tot spanbestuurder van die 0/17-Vrystaat Lynxspan. Mej. A. Janse van Rensburg is verkies tot skeidsregter van die 0/17-Jaguarspan en mev. C. Wessels tot afrigter van die 0/18-Cheetahspan. Mej. Janse van Rensburg en mej. M. Durant is ook deur die skool gelukgewens met hul uitmuntende uitslae tydens hul jaarlikse netbalgradering.




