NewsNews

Vermeende boelie verskyn in hof

VEREENIGING. – Die 16-jarige leerling wat vroeër vanjaar op ‘n videogreep ‘n mede-leerling klap en slaan, het vandag in die Vereenigingse landdroshof verskyn. Dié video het op sosiale media soos ‘n veldbrand versprei en het vele reaksie tot gevolg gehad. Die publiek het behoorlik hul mond uitgespoel oor die onderwyser wat in die agtergrond geen …

VEREENIGING. – Die 16-jarige leerling wat vroeër vanjaar op ‘n videogreep ‘n mede-leerling klap en slaan, het vandag in die Vereenigingse landdroshof verskyn.

Dié video het op sosiale media soos ‘n veldbrand versprei en het vele reaksie tot gevolg gehad. Die publiek het behoorlik hul mond uitgespoel oor die onderwyser wat in die agtergrond geen poging aanwend om tussenbeide te tree nie.

Die onderwyser, bekend aan Vaalweekblad as Johannes Slippers (60) het ook vandag in die hof verskyn. Beide staan tereg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Kyk video hier: https://www.youtube.com/watch?v=n3Y7sF8tsTU

Die LUR vir Onderwys in Gauteng Panyaza Lesufi het egter gesê dat die seun om verskoning gevra het, maar kenners meen dat daar ‘n verhoor moet wees vir ernstige oortredings soos in die geval by Krugerlaan Skool.

Die saak is uitgstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button