Local newsNews

Jong seun sterf na motorfietsongeluk

MEYERTON. - Harry Germishuys, die jong seun wat verlede week in ‘n motorfietsongeluk dood is, se familie is verpletter na sy skielike afsterwe.

Harry was op 22 Mei in ‘n motorfietsongeluk in Jan Neethlingstraat in Riversdale, waartydens hy noodlottige beserings opgedoen het. Wat tydens die ongeluk gebeur het, is egter nog onbekend, maar met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel, het Harry reeds aan sy beserings beswyk.

Harry was ‘n graad 9-leerling aan Vereeniging Gimnasium en ook in die skool se swemspan. Hy was baie lief daarvoor om aan enjins te werk, perd te ry en was versot op motorfietse. Hy, sy pa, Jaco en sy ooms, Nino van Midvaal Raceway en Louis Nel van Bethlehem het altyd aan motorfietse gewerk wanneer hulle ‘n tydjie gehad het. “Harry was op sy gelukkigste wanneer hy doenig was met motorfietse. Hy was ‘n vriendelike en behulpsame jong man wat sy oupa altyd bygestaan het met alles wat hy kon, van hoenders versorg tot beskuit bak.

“Ons sal hom altyd onthou vir sy lieflike en behulpsame geaardheid en sy handewerk wat oral te sien is en wat ons aan hom herinner. Hy was altyd besig om iets te maak of te herstel en voluit te leef,” sê mev. Joba Germishuys, Harry se ma.

Sy roudiens was op 28 Mei vanuit die NG Kerk Meyerton-Oos waar sy ouers, suster, Riët, vriende en onderwysers van hom afskeid geneem het.

* Vaalweekblad se innige meegevoel en simpatie met die Germishuys-gesin se verlies.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button