Met brandweermanne van Midvaal Brandweer en paramedici van ER24 se aankoms by die toneel is ses persone op die toneel aangetref. Drie van die ses het reeds aan hul beserings beswyk en paramedici kon niks vir hulle doen nie. Een van die oorledenes was egter in die wrak vasgekeer.
Twee ander persone het kritieke beserings opgedoen, terwyl een persoon geringe beserings opgedoen het.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



