Local newsNewsUpdate

Opvolg: Twee voetgangers en bestuurder sterf op die R59-snelweg

Die polisie en verkeersowerheid ondersoek die omstandighede van die ongeluk wat gisteraand (Sondag 10 Junie) die lewe van twee voetgangers en ‘n motorbestuurder geëis het.

 

Die voetgangers, albei wit mans wat in oorpakke en veiligheidstewels geklee was, het vermoedelik die pad naby die R42-afrit na Vanderbijlpark gekruis toe hulle deur die Toyota Corolla getref is. Een van die mans wat deur die windskerm geslinger is, het met impak ook die bejaarde motorbestuurder getref. Aldrie het vermoedelik op slag gesterf.

Dit is nog nie bekend of die twee voetgangers op pad werk toe was, of van die werk af teruggekom het nie.

Die name van die oorledenes sal uitgereik word sodra almal se families in kennis gestel is.

Vaalweekblad se innige meegevoel aan die betrokke families en vriende.

(Foto’s: Chris Smuts & Rudy Francis)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button