Local newsNewsNews

Vyf voertuie in ongeluk op Barrageweg

Vyf voertuie in ongeluk op Barrageweg

VANDERBIJLPARK. – Vyf voertuie was vanoggend 12 Junie in ‘n ongeluk betrokke op die Barrageweg R42 tussen Frikkie Meyer Boulevard en Louis Trichard Boulevard.

Die ongeluk het net voor 08:00 gebeur toe ‘n bakkie vermoedelik teen die agterkant van ‘n Kia gebots het wat op sy beurt die Toyota voor hom gestamp het. ER24 Paramediese personeel was op die toneel maar daar was gelukkig geen beserings. Twee ander voertuie was glo ook betrokke.

Die R42 word tans opgegradeer en die werk sloer nou al ‘n geruime tyd. Volgens inligting moet die stuk pad teen 1 Julie voltooi wees. Die verkeer word elke spitstyd ontwrig met veral vragmotors en busse wat die roete gebruik.

OPDATERING

Volgens Lilian Barnard was daar eintlik vyf voertuie. “Reg voor my gebeur. Die man met die wit VW kombi wat die ongeluk veroorsaak het, het weggejaag.” (Facebook comment).

Pieter Goosen Jip 5…daar was ‘n Range Rover ook gewees.

Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button