41 Jarige voetganger raakgery na ongeluk
41 Jarige voetganger raakgery na ongeluk
VANDERBIJLPARK. – ‘n 41 Jarige vrou het ernstige beserings opgedoen nadat twee voertuie gisteraand 11 Junie ongeveer 17:00 in ‘n ongeluk betrokke was en sy deur een van die voertuie gestamp is.
Die ongeluk het op die Rafters brug plaasgevind. Volgens inligting het ‘n BMW vanaf Barrage se rigting na Vanderbijlpark gery in Ravellaan toe ‘n Renault Clio, wat vanaf die afrit van Sasolburg se kant af regs wou indraai. Die BMW het die Clio teen die kant getref en die Clio het die vrou, wat op die afrit aan die oorkant gesit het, getref.
Paramediese personeel van ER24 en Netcare 911 het die vrou op die toneel gestabiliseer en haar na die Sebokeng hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie was ook op die toneel om die ongeluk te ondersoek.






