NewsNews

‘Verlore seun’ na byna ses weke gevind

SASOLBURG. – Byna ses weke se hartseer en kommer het verlede week vir Estelle Breedt goed geëindig toe haar seun Terence (28), ongedeerd gevind is.

SASOLBURG. – Byna ses weke se hartseer en kommer het verlede week vir Estelle Breedt goed geëindig toe haar seun Terence (28), ongedeerd gevind is.
Terence, wat op 20 Junie spoorloos verdwyn het, is veilig terug in Sasolburg. ‘n Organisasie wat na hom gesoek het, het ‘n beloning van R5 000 uitgeloof vir enige inligting wat daartoe kon lei om hom op te spoor. ‘n Man van Sasolburg was met vakansie in Durban en het vir Terence daar gesien. Hy het met die organisasie in verbinding getree en hulle het twee dae later vir Terence by die Durban hawe opgespoor. Hy was maer en verwaarloos en het nie eers meer skoene gehad nie. Speurders van Zamdela het hom in Durban gaan haal, aangesien daar nog uitstaande sake teen hom is. Terence was blykbaar vir drie weke in Durban nadat hy met die trein daarheen is. Waar hy die drie weke voor dit was, is nog nie duidelik nie. “Hoewel hy nog nie by die huis is nie, kan ek darem in die aand met ’n geruste hart gaan slaap, want ek weet waar my seun is,” het ‘n verheugde Estelle gesê. Volgens Estelle is die saak teen Terence teruggetrek en sou hy weer Maandag in die hof verskyn.
“Ek weet nie waarom hulle hom nog aanhou nie. Ons sal seker Maandag hoor wat nou gaan gebeur,” het Estelle gesê.
*Vaalweekblad kon teen saktyd nie met Estelle kontak maak om verdere inligting te verkry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button