Local newsNewsNews

Man met mes gesteek en van bakkie geroof

Man na kleinhoewe gelok en aangeval

VANDERBIJLPARK. – In vandag se tyd kan ‘n mens nie aanneem dat misdaad net ander mense tref nie. Dit is net die tyd, en waar en wanneer dit met jou gaan gebeur, wat jy nie weet nie.
So is Manie Lubbe (53) net so bewus van die misdaad in die land en veral in die Vaaldriehoek, dat hy hoë omheinings by sy huis geïnstalleer het. Wat egter met hom gebeur het, het hy nie voor voorsiening gemaak nie.
Hy het met sy pensioengeld ‘n Hyundai H100-bakkie gekoop waarmee hy vir ‘n inkomste vullis wegry en meubels vervoer.
Op Woensdag 20 Junie is hy deur ‘n man gekontak wat hom in Afrikaans gevra het om hom by ‘n sekere plek op te laai om van sy meubels vanaf ‘n kleinhoewe net buite die dorp na ‘n plaaslike pandwinkel te vervoer.
Manie en sy werker, Paulus, het die man by ‘n kleinhoewe in die Mullerstuine-omgewing ontmoet. “Die volgende oomblik was nog twee mans by my venster. Een het met ‘n mes na my begin steek. In die proses het ek ‘n steekwond in die bo-arm opgedoen,” vertel Manie. Hy het kalm gebly en die aanvallers probeer afweer. Dit was eers toe die ander man ‘n 9mm pistool te voorskyn bring dat hy geskrik het.
“Die man het die wapen in my gesig gedruk en die sneller getrek. Ek het net ‘n klikgeluid gehoor en besef ek moet dadelik reageer. Ek het uit die bakkie geklim en ‘n gestoei het ontstaan toe hulle probeer het om my beursie en foon te vat.”
Intussen het Paulus alarm gemaak, waarna die rowers in die bakkie gespring en weggejaag het. Manie het dadelik sy vrou Elsje gebel en sy het op haar beurt ‘n noodoproep op een van hul WhatsApp-groepe uitgestuur.
Joey Cock, Elsje se ma, het die Barrage-polisie gekontak. Hulle het haar opgelaai en na Manie geneem. Intussen het haar kleinseun, Ricardo Falch, Cartrack gekontak. Volgens Joey het die polisie, ER24, die buurtwag, die Vaal Reaction Unit en die gemeenskap hulle baie gehelp. Sy was in skok en het eers later, nadat sy verdwaal het, by die toneel aangekom. Manie was baie geskok. Hy is later weggeneem en moes steke in die diep steekwond kry. Die voertuig is deur Cartrack in Lenasia gevind, waar die enjin nog steeds geluier het. Net Manie se GPS en domkrag is gesteel. Die Lubbe-gesin bedank almal vir hul bystand.

Die steekwond aan Manie se arm wat volgens hom baie erger kon uitgedraai het as die vuurwapen afgegaan het. Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button