LifestyleLocal newsNewsNews

“Dude” ryg die titels in

VANDERBIJLPARK. - Gewoonlik word daar gesê dat die pa’s die haelgeweer moet reghou as die jongmanne by die voordeur toustaan maar vir die jong seun moet die mammas maar hul dogtertjies in die kas toesluit.

VANDERBIJLPARK. – Gewoonlik word daar gesê dat die pa’s die haelgeweer moet reghou as die jongmanne by die voordeur toustaan maar vir die jong seun moet die mammas maar hul dogtertjies in die kas toesluit.
Christiaan “Dude” Norval (7), graad twee-leerling aan die Laerskool Eligwa het nog ‘n titel ingepalm. Christiaan het tussen 22 en 25 Junie aan die ACE Models National Conference deelgeneem in Rivonia, Sandton.
Christiaan is onder die top 3 Internasionale ACE modelle van die jaar in die ouderdomsgroep 3 tot 9 jaar. Hy is ook gekroon as die Pageant model van die jaar en die Nasionale ACE model van die jaar in dieselfde ouderdomsgroep.
Christiaan is ook onlangs by die Pageants SA se Mnr. Junior Suid-Afrika-kompetisie wat in Pretoria gehou is aangewys as die algehele wenner van Face of Africa (manlik 3 tot 25 jaar).
Van sy ander titels is hy as die wenner van die Public Choice-kategorie vir die ouderdom 7 – 8 jaar, asook die wenner in die afdeling manlike Charity in die ouderdomsgroep 3 – 25 jaar gekroon. Die jong hartebreker was ook die tweede prins in die Mnr. Petite-afdeling (7 – 8 jaar).
Ace Models is in 2005 gestig deur die bekende besigheidvrou en entrepreneur Joani Johnson. Joani was ook ‘n gewese mev Suid-Afrika en het tans sowat 17 model-agentskappe landwyd.
Dié jong man sê hy het nou sy merk in die gemeenskap gemaak en soek na ‘n borgskap om hom by te staan met sy groot toekomsplanne.
Enige persoon of instansie wat belangstel om ‘n pad saam met Christiaan te loop, kan pa Chris by 063 144 2255 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button