HealthLifestyleLocal newsNewsNews

“Gee ons krag” – Inwoners steeds in die donker

VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere is rasend en moedeloos weens kragprobleme wat reeds sedert verlede week ondervind word. Verlede Dinsdagaand het een van die hoofkabels van Eskom ontplof, met die gevolg dat twee elektrisiteitskabels van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (een in Blackwoodstraat en een in Generaal Hertzogweg) ook in die slag gebly het.

VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere is rasend en moedeloos weens kragprobleme wat reeds sedert verlede week ondervind word. Verlede Dinsdagaand het een van die hoofkabels van Eskom ontplof, met die gevolg dat twee elektrisiteitskabels van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (een in Blackwoodstraat en een in Generaal Hertzogweg) ook in die slag gebly het.
“Die probleem was egter dat al hierdie kabels ondergronds is, so om die probleem vinnig op te spoor, is nie so maklik nie. Die masjien van die munisipaliteit wat hiervoor gebruik word, was stukkend en ‘n kontrakteur moes ingekry word. Aan die einde van die dag is die kabels herstel, maar dit het weer gebrand,” sê DA-raadslid, Dalene Venter. Vrydagaand is die elektrisiteit egter herlei van ander elektrisiteitkabels in die middestad sodat inwoners van Drie Riviere en omliggende gebiede darem die naweek  elektrisiteit kon hê. Inwoners is egter gevra om spaarsamig met die elektrisiteit te werk sodat die kabels nie oorlaai word nie. “Daar is steeds huise wat nie elektrisiteit het nie, of haar slegs sekere fases werk. Een inwoner van Keistraat was 18 dae sonder elektrisiteit.

Toe die elektriese-span van die munisipaliteit die probleem herstel, toe gaan die bure se krag af. Instandhouding is beslis een van die grootste probleme en die elektrisiteit aanvraag is hopeloos te veel vir wat voorsien kan word. Drie Riviere het oor die jare so ontwikkel, die infrastruktuur kan eenvoudig nie die aanvraag hanteer nie en om dit op te gradeer, gaan ‘n aardige bedrag kos,” sê sy. Nog ‘n probleem is substasies wat gedurig onder vandalisme deurloop en kabels wat gesteel word. Talle inwoners meen die munisipaliteit moet die substasies beveilig en sekuriteitswagte aanstel om vandalisme en kabeldiefstal te voorkom, maar dit is nie so maklik nie. “Net in Drie Riviere is daar sowat 105 substasies. Dit gaan die munisipaliteit hopeloos te veel geld kos om sekuriteitswagte aan te stel wat 24 uur per dag, sewe dae ‘n week wag hou by die substasies.” Behalwe vir die ongerief wanneer die elektrisiteit so lank af is, is dit ook ‘n gesondheidsrisiko. Die pompstasies werk nie, wat veroorsaak dat riool in die strate en in erwe terugstoot. “Daar is ook bejaardes wat afhanklik is van elektrisiteit vir hul suurstofmasjiene. As die battery doodgaan en daar is nie elektrisiteit nie, sit hulle met ‘n krisis op hande terwyl hulle reeds in moeilike gesondheids-omstandighede leef. Dit is regtig traumaties vir baie mense,” sê Venter. ‘n Paar algemene probleme rakende elektrisiteit, volgens Venter is die volgende:

• Die Call Centre Inwoners kla gereeld dat hulle geen antwoord by die Call Centre kry om klagtes te rapporteer nie. Nadat die elektriese departement in Duncanville ook afgebrand het, is dit nog moeiliker. “In die verlede sou ek sommer self daarheen ry en die klagtes deurgee, maar nou laat hulle nie meer die publiek toe nie. Dit is ‘n groot frustrasie. “Wat inwoners egter ook moet onthou is dat daar soms ‘n groot aantal oproepe inkom en dit is dan vir diegene wat by die Call Centre werk onmoontlik om elke oproep onmiddellik te antwoord. Hulle het ook ‘n prosedure wat gevolg moet word voor hulle die volgende klagte kan hanteer. Sodra hulle die elektriese-span ingelig het oor jou probleem, kom jy ongelukkig onder aan die lys.”

• Die ou vooruitbetaalde (prepaid) meters Alle ou vooruitbetaalde meters is veronderstel om met Smart Meters vervang te word omdat daar nie regtig meer onderdele beskikbaar is om dit te herstel nie. Volgens Venter is daar sowat 200 wonings in Drie Riviere wat se krag oorbrug is sodat hierdie wonings krag kan hê. Die probleem is egter dat hierdie mense krag verbruik, maar daar is geen lesing vir die hoeveelheid krag wat verbruik word nie en uit die aard van die saak ook geen rekening.

 • Smart Meters Die probleem met diegene wat Smart Meters het, is wanneer daar ‘n probleem is, is dit eers ‘n tweestryd tussen die mense van die Smart Meters en die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit om te bepaal waar die probleem nou eintlik is. Die kommunikasie tussen die twee partye is problematies. Die een doel van die Smart Meters was dat inwoners eers betaal vir elektrisiteit en dit dat gebruik, maar volgens Venter is dié Smart Meters slegs in DA-beheerde wyke geïnstalleer en dit is die wyke wat reeds hul rekening by die munisipaliteit betaal. Maar wanneer daar probleme is, is dit ook hulle wat daaronder ly.

• Die rekeningstelsel Daar is ontsettend baie rekeninge wat verkeerd is en geen regstellings word gemaak nie. Dit is uit die aard van die saak moeilik om te bepaal wat die elektrisiteitsverbruik op die re- ‘Gee ons krag!’ kening teenoor die werklike verbruik is.

• Instandhouding Instandhouding is een van die grootste probleme. Alle kabels en pype word net tydelik reggemaak en een of ander tyd gaan tydelike herstelwerk nie meer goed genoeg wees nie. Die infrastruktuur moes al jare gelede stelselmatig opgegradeer word, dan sou dinge waarskynlik soveel beter gewees het. Met al die probleme wat inwoners elke dag in die gesig staar, kabels wat gesteel word, kragbokse wat oop staan en waterlekke wat nie herstel word nie, kan ‘n mens nie help om te wonder wanneer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button