CommunityNewsNews

So gaan dit met Shanei Norris

VEREENIGING. - Shanei Norris, die jong ma wat kritieke beserings tydens ‘n motorongeluk in Drie Riviere opgedoen het, is vandeesweek uit die rehabilitasiehospitaal na 'n tehuis in Johannesburg oorgeplaas waar sy voltydse sorg sal ontvang.

Shanei en haar 16 maande oue dogtertjie, Reanei, was op 23 Maart in ‘n ernstige ongeluk op die R54. Reanei is op slag dood. Shanei weet egter steeds nie dat haar dogtertjie oorlede is nie omdat dit haar in die stadium van die herstelpad net sal traumatiseer. Sy het ‘n 10 minuut-lange geheuespan en is steeds baie deurmekaar. Sy praat soms van Reanei, maar sal gou weer vergeet of sê haar kind is by die kleuterskool of by haar pa.

Sy kan ook nie self rondbeweeg of uit die bed opstaan nie. Haar regterbeen wat tydens die ongeluk vergruis is, bly ook heeltyd in ‘n 90 grade-posisie omdat die been kort na die ongeluk met penne gespalk is en in die posisie gelig is. Shanei ervaar baie pyn wanneer sy probeer om haar been reguit te maak. Haar linkerbeen ontwikkel weer bloedklonte, waarskynlik omdat sy nie genoegsame oefening kry nie en daar is ook ‘n groot wond wat nog nie gesond is nie.

Shanei se familie en vriende is vasbeslote en vol hoop dat sy volkome sal herstel.

 

Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil maak vir Shanei se uitgawes kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

Meise Nkaiseng Trust Account, ABSA Bank, rekening- nommer: 4054975893, takkode: 630137, verwysing: 056718/naam en van.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button