CommunityHealthLifestyleLocal newsNews

Stank verdryf sakelui en kliënte uit sakekern

“Snags brand die dwelmgebruikers wat in die dienslane slaap, die vullis - vermoedelik vir hitte. Bedags word dit egter net weer aangevul. Die besighede in die omgewing gaan agteruit, want ons kliënte wil nie meer die deurlope gebruik nie," sê sakeman

 

Retha Fitchat
Sakelui in Vereeniging se middestad sê hulle is raadop met die gemors en afstootlike stank waaraan hulle daagliks blootgestel word.

“Daar word nou al vir maande gesoebat dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit moet optree en die hope vullis in ons dienslane moet verwyder, maar ons kry geen reaksie van die munisipaliteit se kant af nie,” kla ‘n sakeman van die gebied.

“Snags brand die dwelmgebruikers wat in die dienslane slaap die vullis – vermoedelik vir hitte. Bedags word dit egter net weer aangevul. Die besighede in die omgewing gaan agteruit, want ons kliënte wil nie meer die deurlope gebruik nie. Dit geld veral vir die deurloop tussen Mark- en Merrimanlaan. Die stank is verskriklik.”

Omdat die vullis gereeld die ingang versper, het mense wat in die Merriman-gebou woon of werk, al ‘n raamwerk daar aangebring, anders kan voertuie nie by die kelderparkering ingaan nie. Die vullis is egter nou weer hoër as die raamwerk. Wettige gebruikers het ook hul eie skip wat toegesluit word vir huurders se gebruik, maar nou sit hulle met ander se gemors opgeskeep, kla sakelui.

Ster/Vaalweekblad het namens die huurders ‘n klagte by Emfuleni ingedien met die versoek dat dringende aandag aan die probleem gegee moet word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button