Local newsNewsSponsored

Stargate Auto sê dankie vir 10 jaar van sukses

Stargate Auto is nou reeds landwyd ‘n vertroude naam wat voertuie tot so ver as die Kaapprovinsie en Mpumalanga aan tevrede kliënte lewer.

 
VANDERBIJLPARK. – Stargate Auto, een van die Vaaldriehoek se mees gerespekteerde handelaars in gebruikte voertuie, kyk vanjaar terug na 10 jaar van sukses – en voornemende voertuigkopers gaan in die vreugde deel: Meer as die helfte van die voertuie op die vloer is vir dié maand aansienlik afgemerk!

Stargate Auto het in 2003 as ‘n klein onderneming, Ullvic Motors, met slegs ‘n handjievol voertuie in Hans Strydomstraat geopen. Tien jaar gelede het die eienaar, Ullrich Richter, besluit om na ‘n splinternuwe perseel in Frikkie Meyer-boulevard, digby Mimmo’s Sweets, te verskuif. Die splinternuwe futuristiese gebou, bestaande uit 58 ton staal, het wyd aandag getrek en daarmee saam het die naam na Stargate Auto verander. Ullrich het op dié naam besluit omdat hy reeds as jong kannetjie ‘n passie vir voertuie en ruimteverhale gehad het. Soos in Stargate wou hy by wyse van spreke die heelal verken op soek na die perfekte voertuig vir elk van sy kliënte.

Vandag is daar meer as 60 hoëgehalte voertuie op Stargate Auto se vloer. Elkeen is met groot omsigtigheid uitgesoek om aan die onderneming se hoë standaarde vir meganiese werkverrigting en ‘n blinkskoon voorkoms te voldoen – alles natuurlik teen buite-aardse goeie pryse! Elke voertuig gaan deur ‘n 50-punt “check” voordat dit te koop aangebied word om te verseker dat dit aan Stargate Auto se standaarde voldoen.

“Ons goeie naam, ons betroubaarheid en lojaliteit aan ons kliënte is van die hoogste belang. Hier gaan dit nie oor eenmalige transaksies nie maar oor langtermyn gemoedsrus. Ons bou jarelange verhoudings met ons kliënte op deur die allerbeste voertuig aan elkeen te verskaf, gerugsteun deur uitstekende diens,” sê Ullrich.

Stargate Auto is nou reeds landwyd ‘n vertroude naam wat voertuie tot so ver as die Kaapprovinsie en Mpumalanga aan tevrede kliënte lewer.Daar is ‘n voertuig vir elkeen op die vloer: Van klein, laeprys motortjies vir studente tot gerieflike gesinsmotors, en van werkesel-bakkies en 4×4’s tot luukse voertuie wat met trots deur die puntenerigste sakeman of -vrou bestuur sal word.

Finansiering met alle banke en Iemas kan dadelik op Stargate Auto se perseel gedoen word. Voertuigdienste word ook teen bekostigbare pryse op die perseel aangebied. Diensplanne en voertuigversekering is nog ‘n gerieflike diens wat hier deur goed opgeleide personeel verskaf word.

“Die Vaaldriehoek en sy mense het ons deur die jare baie goed behandel. Om dié rede wil ons nou selfs meer as in die verlede iets terugploeg in die gemeenskap. Buiten dat ons tans verskeie geselekteerde voertuie teen ‘n verlaagde prys verkoop, wil ons in die volgende paar maande ook ‘n deel van die wins op elke transaksie vir Huis Siësta aanbied. Enigiemand wat dus in die volgende drie maande ‘n voertuig by ons koop, dra indirek by tot die versorging van bejaardes in ons gebied,” sê Ullrich.

“Ons by Stargate Auto gee ook baie dank aan God vir die baie jare se ongelooflike genade. Ons staan trots as Christene en wil graag Sy beeld uitdra,” sê Ullrich.

Skakel die vriendelike, bekwame personeel gerus by (016) 931 9570 of besoek Stargate Auto in Frikkie Meyer-boulevard tussen 08:00 en 17:00 op weeksdae en tot 13:00 op Saterdae. Die gebou is só ontwerp dat voertuigliefhebbers welkom is om na ure na die voertuie te kom kyk en deur die uitstalruimte te stap. Indien daar ‘n voertuig is waarin jy belangstel, kan die personeel selfs na ure gekontak word om reëlings vir ‘n toetsrit te tref.

Stargate Auto se span bestaan uit (agter van links): Mariska (F&I), Rina (verkoopskonsultant), Ullrich (eienaar), Leticha (bestuurder) en Dominic (bemarking). Voor van links is Payge (ontvangs), Jhandré (verkoopskonsultant) en Sadie-Lee (vloerkoördineerder).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button