HealthLifestyleLocal newsNews

Stortingsterrein in bedenklike toestand

Chris Smuts laat weet hy was Vrydagoggend by die mini-stortingstingsterrein in Arconpark en sê dit lyk tans regtig sleg daar. Hy skryf:

Chris Smuts van Vereeniging  laat weet hy was Vrydagoggend by die mini-stortingstingsterrein in Arconpark en sê dit lyk tans regtig sleg daar. Hy skryf:
Die mini-stortterrein is alweer vol en die trokke het glo nie diesel om die vuilgoed weg te ry of te kompakteer nie. Ek hoop die mense sien dit raak en dat hulle maar plan kan maak om hul vuilgoed self te laat wegry. Ek (Chris) en Rudy Francis lewer ‘n diens om inwoners se swartsakke weg te ry. Ons vra R5 per sak. Ek weet die inwoners gaan kla oor die ekstra geld wat hulle vir private vullisverwydering moet betaal maar wat kan ons doen – as ons die land skoon en netjies wil hou dan moet mens maar ekstra betaal. Ek is van Drie Riviere maar ons lewer die diens in die hele Vaaldriehoek. Ons maak ook asblikke leeg teen R20 per asblik. Belangstellendes kan ons skakel by 061 482 9433 of 061 482 9412 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button