Valia vier 60ste met styl
VANDERBIJLPARK. – Daar word die naweek groot makietie gehou en dit is hoe dit hoort wanneer ‘n skool se 60ste bestaansjaar gevier word. Die Hoërskool Transvalia het in 1958 sy deure met slegs 307 leerlinge geopen. Vandag spog die skool met 1 091 leerlinge, asook ’n string prestasies wat te veel is om op te …

VANDERBIJLPARK. – Daar word die naweek groot makietie gehou en dit is hoe dit hoort wanneer ‘n skool se 60ste bestaansjaar gevier word.
Die Hoërskool Transvalia het in 1958 sy deure met slegs 307 leerlinge geopen. Vandag spog die skool met 1 091 leerlinge, asook ’n string prestasies wat te veel is om op te noem.
Vrydagoggend skop die verrigtinge by die Maccauvlei-gholfbaan om 11:30 af met die skool se gholfdag. Die koste per vierbal is R2 400 en putjies kan teen R1 500 geborg word. Vir meer inligting kontak (016) 932 1155/6 of stuur ‘n e-pos aan valia@hstransvalia.co.za.
Die bekende sanger Pieter Smith tree Vrydagaand in Transvalia se skoolsaal op. Deure open om 19:00 en die kaartjies beloop R130 per persoon of R250 per paar.
Om die naweek op ‘n hoë noot af te sluit, speel Transvalia Saterdag op sy tuisveld teen Menlopark.
Die eerstespan-kragmeting wat om 12:30 afskop word regstreeks op DStv (kanaal 144) uitgesaai.




