Man sterf onder motorwrak – Opvolg
VANDERBIJLPARK. – Een van die eienaars van Trunell Mosaik Tile and Inserts in Parys is Maandagoggend, 23 Julie in die vroeë oggendure in ‘n motorongeluk dood. John Strijdom (54) was omstreeks 02:00 vanaf Ravelstraat in Vanderbijlpark (Stokkiesdraai-pad) in die rigting van Lochvaal onderweg, toe hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het. Die wit Honda CR-V waarmee hy gery het, is voor …
VANDERBIJLPARK. – Een van die eienaars van Trunell Mosaik Tile and Inserts in Parys is Maandagoggend, 23 Julie in die vroeë oggendure in ‘n motorongeluk dood.
John Strijdom (54) was omstreeks 02:00 vanaf Ravelstraat in Vanderbijlpark (Stokkiesdraai-pad) in die rigting van Lochvaal onderweg, toe hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het. Die wit Honda CR-V waarmee hy gery het, is voor die Compu Kart-renbaan se heining verby, het die inligtingsbord rakelings gemis en het toe sowat 60 meter verder in ‘n dam beland wat ‘n tyd gelede as ‘n ashoop gebruik is. Daar is tans water in die dam en die voertuig het op ‘n oop stuk grond op sy sykant te lande gekom. ‘n Inwoner wat daar naby woon het die slag gehoor en die nooddienste ontbied. John is egter op slag dood. Sy lyk is onder sy voertuig gevind. Paramediese personeel van ER24 het hom op die toneel dood verklaar, terwyl die polisie en Vaal Auto Craft etlike ure gewag het vir die forensiese spanne, waarna die voertuig omgerol is om sy lyk te verwyder. Die toneel was eers sowat vier ure later opgeruim.
John se skoonsuster, Christa Strijdom het Maandagoggend die berig op Facebook gesien en navraag gedoen, aangesien John nie by die huis opgedaag het nie en sy vrou Petro, baie bekommerd was. Dit is later bevestig dat dit wel John is wat in die ongeluk dood is. John en Petro is eienaars van die genoemde onderneming in Parys en die fabriek is by hul hoewe op Miravaal. Hulle bedryf ook ‘n aanlynwinkel. John laat ook ‘n dogter Roxane agter. * Sy begrafnisdiens word eerskomende Vrydag (27 Julie) om 11:00 vanuit die Evangelies Gereformeerde kerk in Ericsonstraat gehou.
SIEN VORIGE BERIG:
https://vaalweekblad.com/34487/lyk-onder-voertuig-na-ongeluk/

slag dood toe hy na ‘n motorongeluk onder sy voertuig beland het. Die
ongeluk het omstreeks 02:00 in Ravelstraat (Stokkiesdraaipad) gebeur
toe hy vanaf Vanderbijlpark na Lochvaal onderweg was. Hier is John
saam met sy vrou Petro en dogter Roxane (21).



