VANDERBIJLPARK. – Die saak teen ‘n sakeman van die dorp is op Woensdag 18 Julie vir die soveelste keer uitgestel.
Mnr. Tony Frarina, eienaar van Gauteng Rigging in Vanderbijlpark, was agter die stuur van die Hyundai H1 wat op 16 Maart, omstreeks 17:38 vir Berndine Luther (13) en haar nefie Gerhard Geyer (16) op die sypaadjie in Langenhovenstraat raakgery het. Nog ‘n seun, Dillen Brits (17), ‘n vriend van Gerhard en Berndine, is rakelings gemis.
Frarina is op 19 Maart op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur en die verlaat van ‘n ongelukstoneel in hegtenis geneem en op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy het sedertdien verskeie kere in die hof verskyn. Die saak is Woensdag na 12 September uitgestel, aangesien die betrokke landdros nie beskikbaar was nie. Landdros Chris Ahlers het die uitstel behartig.

Die toneel in Langehovenstraat waar die twee kinders raakgerys is. Foto: Jannie du Plessis



