EntertainmentHealthLocal newsNewsNews

Diabetes kry haar nie onder

Diabetes kry haar nie onder

VANDERBIJLPARK. – Luané Smith, ‘n graad ses-leerling aan die Laerskool Emfulenipark,  het tydens die vakansie aan die AVSBokkieweek in Naboomspruit deelgeneem.
Sy het puik gespeel en is by die Junior Nasionale o.13 netbalspan ingesluit. Wat hierdie prestasie nog meer besonders maak, is dat sy nog o.12 is en ouer spelers van 14 ander spanne uitgestof het. Hierdie prestasie het nie sonder uitdagings gekom nie. Luané is op driejarige ouderdom met tipe 1-diabetes gediagnoseer. Haar bloedsuikervlak moet ten minste vier keer per dag getoets word, wat deur insulieninspuitings gereguleer moet word. Diabetes bri ng in sport sy eie uitdagings ten opsigte van bloedsuikerkontrole. As haar vlakke te laag of te hoog is, kan sy nie tot haar volle potensiaal presteer nie. Waar moontlik, help ma Annelizè en pa Braam om ‘n ogie te hou, anders help een van haar vriendinne se mammas. Diabetes is ‘n groot verantwoordelikheid wat nie sommer net sonder behandeling gelaat kan word nie.

Dit keer egter nie vir Luané om haar drome na te jaag nie. Sy is ook ‘n kranige atleet wat reeds twee keer aan die Gauteng Laerskole-atletiekkampioenskappe deelgeneem het in hoogspring, 75 en 150m-hekkies. Sy verteenwoordig ook die D8 Sedibeng o.12 hokkiespan. Haar eerste liefde en gunsteling bly steeds netbal. Sy oefen elke dag. Haar droom is om soos Irene van Dyk, voormalige Protea-netbalspeler (hoofdoel) die beste in die wêreld te word, hoewel sy dit as hulpdoel wil bereik. Die Junior Nasionale- span toer in die Oktober-vakansie na Namibië waar hulle Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai sal besoek om wedstryde te speel. Lede van die toerspan moet reeds teen einde Julie ‘n deposito betaal. Luané het egter net soos met haar sport toewyding, hard gewerk om hierdie geld in te samel. Die eerste  was ‘n “shadow shift” by Panarottis Vaal Mall. Sy en haar vriendinne het saam met kelners gewerk. ‘n Persentasie van die aand se omset is deur Panarottis aan haar geskenk. Die tweede werkskof is op 14 Augustus by Spur Vaal Mall, met opwindende speletjies en kompetisies vir die kinders. Almal word genooi om haar daar te gaan ondersteun. Enige iemand wat Luané wil ondersteun, kan Annelize by 082 896 5934 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button