CommunityNewsNews

Hengeluitstappie eindig tragies

MEYERTON. - ‘n 30-Jarige man word tans in die hoësorgeenheid van die Unie-hospitaal in Alberton behandel nadat hy ernstige besering tydens ‘n motorongeluk opgedoen het.

Peter Roos was op pad huis toe na ‘n hengeluitstappie toe hy teen ‘n vragmotor op die Uitvlugtpad, net buite Riversdale, gebots het.

Die ongeluk het op 18 Julie omstreeks 11:00 gebeur.

Volgens sy pa Chris, is Peter se regter-bobeen op vier plekke gebreek en hy het ook ‘n bloedklont op sy long. Weens die impak het selfs die bakkie se stuurwiel gebreek. “My seun het gesê hy wil net bietjie wegkom en van die stres ontslae raak.
Hy het besluit om te gaan hengel en nou lê hy in hoësorg,” sê Chris.
Peter is sowat ‘n jaar gelede afgelê by die werk en nou sit hy boonop nog sonder ‘n voertuig ook. Sy ouers glo en vertrou dat hy volkome sal herstel.
Paramedici van ER24 en lede van Midvaal Brandweer was na die ongeluk vinnig op die toneel. Lewenskake moes ingespan word om Peter uit die wrak te bevry, waarna hy hospitaal toe geneem.
“Ek wil net graag baie dankie sê aan die nooddien- en brandweerpersoneel, asook lede van die GPF wat hulp verleen het na die ongeluk,” sê Chris.

 

Die voertuigwrak van Peter Roos na hy na ‘n lekker hengeuitstappie met ‘n vragmotors gebots het.
* In ’n tweede ongeluk tussen ‘n motor en ‘n vragmotor op die R59-hoofweg, het die bestuurder van ‘n Corsa bakkie vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, waarna hy oor die middelman gery en teen ‘n vragmotor gebots het.
Die ongeluk het op 22 Julie net na 17:00 voor die Redan-afrit gebeur. Die twee insittendes van die bakkie het ernstige beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem vir behandeling. Dié hoofweg in die rigting van Johannesburg na Vereeniging was vir ‘n geruime tyd gesluit.
Twee mense is beseer toe ‘n bakkie op die R59-hoofweg teen ‘n vragmotor gebots het.
Foto’s: Chris Smuts
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button