Vrou se hand afgeruk en vergruis in ongeluk
VANDERBIJLPARK. - In 'n ongeluk vroeër vanaand 1 Augustus tussen 'n Volkswagen Golf en 'n Toyota Venture bussie het 'n vrou haar regterhand verloor wat na die ongeluk in die pad gelê het.
VANDERBIJLPARK. – In ‘n ongeluk vroeër vanaand 1 Augustus tussen ‘n Volkswagen Golf en ‘n Toyota Venture bussie het ‘n vrou haar regterhand verloor wat na die ongeluk in die pad gelê het.
Die ongeluk het ongeveer 19:30 gebeur op die kruising van Frikkie Meyer Boulevard en Delfos Boulevard waar die robot al vir ‘n geruime tyd buite werking is. Die bestuurder van die Golf was ongedeerd. Volgens inligting het die Venture roekeloos en baie vinnig gery en versuim om by die robot, wat nie werk nie, te stop as ‘n vierrigting stop terwyl die bestuurder van die Golf weggetrek het nadat hy eers gestop het.
Die bestuurder van die Venture het egter van die toneel af weggehardloop terwyl 6 passasiers deur paramediese personeel van ER24 en Gauteng Provinsiale Ambulansdiens op die toneel behandel is. Die vrou wie se hand vergruis is, is in ‘n kritieke toestand na die Naledi Hospitaal geneem terwyl nog ‘n kritieke pasiënt en vier ander na die Sebokeng hospitaal geneem is.










