NewsNews

Man koelbloedig doodgeskiet

‘n Tragedie het gister in Hawkstraat, Drie Riviere-Oos, afgespeel toe ‘n 51-jarige man deur gewapende rowers doodgeskiet is. Volgens een van Vaalweekblad se bronne het die huishulp geskakel om te laat weet daar is mans wat by die perseel probeer inkom. Die man en sy vrou het glo ondersoek gaan instel toe hy deur een …

‘n Tragedie het gister in Hawkstraat, Drie Riviere-Oos, afgespeel toe ‘n 51-jarige man deur gewapende rowers doodgeskiet is. Volgens een van Vaalweekblad se bronne het die huishulp geskakel om te laat weet daar is mans wat by die perseel probeer inkom. Die man en sy vrou het glo ondersoek gaan instel toe hy deur een van die gewapende mans geskiet is.

Noodpersoneel van Netcare 911 het met hul aankoms hom op die grond sien lê, waarna hulle nodige mediese sorg toegepas het. Netcare 911 se medikopter is geaktiveer om die man so vinnig as moontlik by die hospitaal vir verdere behandeling te kry.

Hy het ongelukkig aan sy beserings beswyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button