Valia se bekerdroom verpletter
JOHANNESBURG. – Hartverskeurend. Dit is hoe die Hoërskool Transvalia se naelskraapse nederlaag vanmiddag met 34-33 teen Helpmekaar Kollege in die halfeindronde van die Virsekerbeker vir eerste spanne beskryf kan word. Valia het ‘n rustyd-agterstand van 20-12 uitgewis en het enkele minute voor die einde nog met 33-27 voorgeloop. Helpmekaar het met ‘n drie in die …

JOHANNESBURG. – Hartverskeurend. Dit is hoe die Hoërskool Transvalia se naelskraapse nederlaag vanmiddag met 34-33 teen Helpmekaar Kollege in die halfeindronde van die Virsekerbeker vir eerste spanne beskryf kan word.
Valia het ‘n rustyd-agterstand van 20-12 uitgewis en het enkele minute voor die einde nog met 33-27 voorgeloop. Helpmekaar het met ‘n drie in die doodsnikke van die kragmeting by die agterdeur ingeglip om sy plek in die eindstryd te bespreek. Helpmekaar kom eerskomende Saterdag in die eindstryd teen Monument op die LC de Villiers-stadion in Pretoria te staan. – Lees in Vaalweekblad van 15 Augustus die volledige wedstrydverslag




