Pa van twee verloor stryd na ongeluk
VANDERBIJLPARK. - ‘n Geliefde eggenoot, pa van twee tieners en ‘n bekende in die Vaaldriehoek is Saterdagmiddag 11 Augustus omstreeks 13:15 dood nadat hy Vrydagoggend, 10 Augustus ernstige beserings met ‘n platbak-insleepvoertuig in Sebokeng opgedoen het.
VANDERBIJLPARK. – ‘n Geliefde eggenoot, pa van twee tieners en ‘n bekende in die Vaaldriehoek is Saterdagmiddag 11 Augustus omstreeks 13:15 dood nadat hy Vrydagoggend, 10 Augustus ernstige beserings met ‘n platbak-insleepvoertuig in Sebokeng opgedoen het.
Theo (Wolf) Salzmann (48), het in die vroeë oggendure tussen 02:00 en 03:00 ‘n Bantam-bakkie met die platbak- insleepwa waarmee hy gewerk het, by ‘n ongelukstoneel in Sebokeng gaan haal.
Volgens sy vrou Elsabé (38), het hy reeds die bakkie gelaai en was hy op pad terug na Euro Towing waar hy gewerk het. Volgens inligting het hy in Moshoeshoestraat afgery. Daar was baie oproeriges in die omgewin g daardie tyd van die oggendwat klippe en voorwerpe in die pad gepak het. “Theo moes heel moontlik probeer het om weg te jaag en het vinniger gery. By die kruising is hy met die voertuig oor versperrings in die pad soos groot bakstene, toe deur ‘n betonheining en het teen ‘n huis se muur tot stilstand gekom,” vertel Elsabé. Theo is deur ER24 personeel en die brandweer uit die trok gesny. “Daar was ‘n klip met bloed op in die trok gekry en ons vermoed hulle het hom daarmee gegooi of dat dit een van die bakstene van die huis was wat hom getref het,” sê Elsabé. Sy het eers voor 07:00, toe sy haar selfoon aanskakel, van die ongeluk gehoor. Hulle is dadelik na die Sebokeng-hospitaal.
“Na die ongeluk was Theo ‘n tyd lank bewusteloos,” het Theo se ma, Marie Salzmann, vertel. Theo het verskeie beserings aan sy gesig opgedoen. Volgens Theo se ma het hy Vrydag in die hospitaal nog ‘n grappie met haar gemaak en gesê: “Mamma, daardie bakkie wat ek gelaai het, het nou twee ongelukke in een dag gehad.” Elsabé sê daar was ‘n gat in sy voorkop en agter aan sy kop. Hy het skedelbreuk opgedoen en bloeding op die brein gehad. Sy linkerbeen is gebreek en sy regterenkel is op twee plekke gebreek. Theo se milt en lewer het gebars, wat waarskynlik sy dood veroorsaak het. “Dit het gelyk of sy oog ook baie skade opgedoen het,” het Elsabé aan Vaalweekblad vertel. “Toe ek Saterdagmiddag met die 15:00 besoektyd by die hospitaal aankom, was hy nie in die bed waar hy gelê het nie. Die suster het met trane in haar oë vir my gesê dat Theo oorlede is,” vertel Elsabé.
Volgens Kierie Oberholzer, eienaar van Euro Towing, wat Maandag by die familie was om te simpatiseer, was daar op die toneel ‘n 50m remmerk en het die spoedmeter op 78km/h tot stilstand gekom. Kierie het ook aangebied om Theo se salaris dadelik aan sy gesin beskikbaar te stel. Theo laat sy vrou Elsabé, dogter Thelma (13), seun T.J. (11), sy ouers Theo en Marie Salzmann en sy broer Abraham en suster Anna-Marie van Wyk agter.
* Die gedenkdiens word Donderdag 23 Augustus om 13:00 by die NK Kollegepark gehou.

was en wat sy dood veroorsaak het.




