Local newsNewsNews

Fliekuitstappie eindig in riller

VANDERBIJLPARK. - Die Martinson-gesin van die dorp se lewens het Saterdagaand, 4 Augustus in ‘n nagmerrie verander toe hulle in ‘n ongeluk by die kruising van Louis Trichardt- en Hendrik van Eck-boulevard betrokke was.

Pa en seun erg beseer in ongeluk – ooggetuies gesoek!

OPDATERING VAN BERIG GEPLAAS IN DIE VAALWEEKBLAD VAN 15 AUGUSTUS

VANDERBIJLPARK. – Die Martinson-gesin van die dorp se lewens het Saterdagaand, 4 Augustus in ‘n nagmerrie verander toe hulle in ‘n ongeluk by die kruising van Louis Trichardt- en Hendrik van Eck-boulevard betrokke was.
Natalie Martinson (36) se man Johannes (45) is reeds twee weke in die intensiewe sorgeenheid van Mediclinic Emfuleni. Hul seun, Alexander (13), was 11 dae in die hospitaal met beserings wat hy opgedoen het. Natalie en hul ander seun, Franco (10), sterk tans tuis aan. Hulle was die betrokke aand op pad om te gaan fliek, toe die ongeluk sowat 800m van hul huis gebeur het.

Na ‘n pleidooi in die media het verskeie ooggetuies van die ongeluk al na vore gekom en die saak word tans intensief deur die polisie ondersoek. Die bestuurder van ‘n BMW Z4 het na bewering nie by die kruising gestop nie en die Martinson-gesin se voertuig aan die passasierskant getref. Die bestuurder het daarna glo die ongelukstoneel verlaat. Met Vaalweekblad se verslaggewer se aankoms by die ongelukstoneel, was die polisie in ‘n stryery betrokke oor waarheen die voertuig gesleep moes word. Volgens inligting was die bestuurder nie op die toneel nie en wou die polisie die voertuig na die polisiestasie laat sleep.

In teenstelling met getuies het die SAP ‘n verklaring aan die media uitgereik. Sers. Gertrude Makghale (media kommunikasieoffisier van die polisie) het bevestig dat die bestuurder van die BMW Z4, Chad Kruger (27), volgens sy polisieverklaring, nie die toneel verlaat het nie. Omstanders op die toneel het egter gesê  dat Chad na bewering wel die toneel verlaat het. Volgens inligting is hy met ligte beserings hospitaal toe geneem. “Dit is gemeen van die bestuurder, wat om watter rede ook al, nie eens kom kyk het wie in die ongeluk beseer is nie,” sê Natalie.

Johannes is tans nog in ‘n geïnduseerde koma is, het ‘n geskeurde long wat baie bloei en twee gebreekte ribbes. Hy ontvang tans dialise aangesien sy niere en lewer baie swak is. Johannes is stadig van die ventilators afgehaal maar het Woensdag, 15 Augustus ‘n terugslag gehad en paniekerig begin raak en is teruggeplaas op die ventilator. Hy is steeds in die intensiewe eenheid.

Alexander se ooglid is in die ongeluk afgeskeur en hy het harsingskudding opgedoen. Hy is op 15 Augustus ontslaan maar ly erg aan post traumatiese stres. Volgens Natalie is Alexander se ooglid permanent beskadig. Die sagte weefsel in Franco se knie is beskadig. Franco gaan eersdaags weer skool toe. Natalie het ‘n gebreekte kakebeen, vier breuke in haar pelvis en ‘n kraak in een van haar werwels. Sy gaan nog ‘n geruime tyd sukkel om te loop.

Chad is glo reeds die volgende oggend ontslaan. Hy het ‘n stamp teen die kop opgedoen. Die Martinson-gesin is op soek na nog ooggetuies wat kan bevestig of Chad deur ‘n vriend/persoon van die ongelukstoneel weggeneem is. Daar word vermoed dat dit iemand van ‘n insleepdiens was. Ooggetuies kan Natalie by 084 587 0342 kontak.

Die Martinson-gesin van Vanderbijlpark se gelukkige gesinslewe het onlangs in ‘n nagmerrie verander toe hulle op pad om te gaan fliek, in ‘n ernstige motorongeluk betrokke was. ‘n Ander voertuig het glo versuim om by ‘n vierrigting-kruising te stop en die Martinsons se voertuig aan die passasierskant getref.

Alexander Martinson (13) se oog na die ongeluk.
Johannes Martinson (45), is steeds in ‘n geïnduseerde
koma in die intensiewe sorgeenheid
van Mediclinic Emuleni.
Die BMW Z4 op die ongelukstoneel.
Alexander Martinson (13) wys hy voel beter
terwyl hy in die intensiewe sorgeenheid was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button