19:00 Maandag 20 Augustus
VEREENIGING. – Motoriste word gewaarsku om die R59 na albei kante net na die Boy Louw afrit en oorkant Leeuhof ten alle koste te vermy.
Brandende bande en chaos heers terwyl betogers die R59 beset en in die strate van Leeuhof ook bande aan die brand gesteek het. Die betogings is krag verwant.
Verkeer in beide rigtings is ontwrig.
VIDEO: Carla du Plessis


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



