Drie beseer in ontploffing
VEREENIGING. – Drie mense is ernstig beseer na ‘n ontploffing by Rock Fibre SA in Powerville vanmiddag plaasgevind het. Die pasiënte is op die toneel behandel waarna hulle per helikopter hospitaal toe gevlieg is vir verdere behandeling. Die R59 tussen die Barrage en Boy Louw-afrit was ‘n geruime tyd gesluit sodat Netcare 911 en ER24 …

VEREENIGING. – Drie mense is ernstig beseer na ‘n ontploffing by Rock Fibre SA in Powerville vanmiddag plaasgevind het. Die pasiënte is op die toneel behandel waarna hulle per helikopter hospitaal toe gevlieg is vir verdere behandeling. Die R59 tussen die Barrage en Boy Louw-afrit was ‘n geruime tyd gesluit sodat Netcare 911 en ER24 se helikopters kon land. Twee persone is vanaf die toneel hospitaal toe gevlieg, terwyl een persoon per ambulans na die Mediclinic Vereeniging geneem is en vandaar na die Unie Hospitaal gevlieg. Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie, maar ondersoek word ingestel.Die pad is weer oopgemaak vir verkeer.




