Malawiër mans gaan berserk, sterf oomblikke later
VANDERBIJLPARK. - Drie Malawiërs is dood en een word steeds vermis nadat hulle moontlik gif ingekry het by ‘n smokkelkroeg (sjebeen) waar hulle geëet en gedrink het.
Jannie du Plessis
VANDERBIJLPARK. – Drie Malawiërs is dood en een word steeds vermis nadat hulle moontlik gif ingekry het by ‘n smokkelkroeg (sjebeen) waar hulle geëet en gedrink het.
Die voorval het Donderdagaand 16 Augustus by ‘n smokkelkroeg naby die Quick Shop in Ravellaan (op die Stokkiesdraaipad) gebeur. Volgens inligting het hulle ses bottels bier gekoop en gedrink en heel moontlik iets saam met die drank geëet.
Volgens ooggetuies het drie van hulle heeltemal van hul kop af geraak. Hulle het hulle klere uitgetrek en rondgehardloop en koppe gestamp. Die een wat nie gedrink het nie, het weggehardloop. Sy selfoon is op die grond gevind. Hy is volgens die Barrage-polisie steeds soek.
Die vermoede bestaan dat hulle moontlik gif ingekry het. ‘n Onbekende groen bestanddeel is vir forensiese toetse gestuur, maar dit kan maande duur voor die uitslae bekend is.




