NewsNews

Geliefde pastoor George sterf

VANDERBIJLPARK. – Pastoor George Bezuidenhout is onlangs in die ouderdom van 84 jaar na ‘n kort siekbed oorlede. Hy sal onthou word as ‘n liefdevolle mens wat almal om hom geïnspireer het. “Voor die Here was hy nederig en afhanklik, en bewus van sy eie onvolmaaktheid. Hy was egter iemand wat jy nie wou teleurstel …

VANDERBIJLPARK. – Pastoor George Bezuidenhout is onlangs in die ouderdom van 84 jaar na ‘n kort siekbed oorlede.
Hy sal onthou word as ‘n liefdevolle mens wat almal om hom geïnspireer het.
“Voor die Here was hy nederig en afhanklik, en bewus van sy eie onvolmaaktheid. Hy was egter iemand wat jy nie wou teleurstel nie. Iemand na wie mens kon opkyk en vertrou,” sê Yolanda Aggenbach, een van sy kleinkinders.
Wyle pastoor Nienaber was die pa van twee seuns en ‘n dogter (mev. Kotie Nienaber) en oupa van 12 kleinkinders en 20 agterkleinkinders.
George is op 14 Julie 1931 in Port Elizabeth gebore. Hy het reeds as jong seun ‘n passie gehad om die Here te dien. Hy het as ‘n jong man in die bediening getree en geen huisbesoek of oproep was ooit vir hom te ver of te laat nie.
“Hy is beslis die soort mens wat in baie se gedagtes sal voortleef. Vir die dood was hy gereed. Hy het vir ons gesê dat dit nou sy tyd is om sy Skepper te ontmoet. Hy het geen onafgehandelde sake nagelaat nie,” sê Yolanda.
“Woorde kan nie werklik ons dankbaarheid beskryf nie, maar al wat ons kan sê is dankie vir die voorreg dat ons hom so lank in ons lewens kon hê.”
* Pastoor George is op Vrydag 14 Augustus vanuit die Meyerton Moedergemeente begrawe. Sowat 350 mense het van hom kom afskeid neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button