CommunityNewsNews
Vaalweekblad se oud-boekhoudster sterf
Mev. Marie Joubert (links), een van Vaalweekblad se eerste voltydse boekhoudsters, is onlangs in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Mev. Joubert het omstreeks 1969 by Vaalweekblad aangesluit en was 25 jaar lank aan die koerant se administratiewe afdeling verbonde voordat sy met pensioen afgetree het. Sy word oorleef deur haar kinders, Dalene, Frans en …

Mev. Marie Joubert (links), een van Vaalweekblad se eerste voltydse boekhoudsters, is onlangs in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Mev. Joubert het omstreeks 1969 by Vaalweekblad aangesluit en was 25 jaar lank aan die koerant se administratiewe afdeling verbonde voordat sy met pensioen afgetree het. Sy word oorleef deur haar kinders, Dalene, Frans en Tinkie, sowel as klein- en agterkleinkinders. Op dié argieffoto ontvang sy ‘n toekenning van mev. Willie van der Walt, voormalige redakteur en bestuurder van Vaalweekblad, wat ook reeds oorlede is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



