Local newsNewsNews

Lentedag met baie hartseer – baie ongelukke

SASOLBURG. - Drie mans is vroeër vanaand op Lentedag, 1 September opslag dood in 'n ernstige ongeluk op die R57 langs die Eco Park in die rigting van Vanderbijlpark.

SASOLBURG. – Drie mans is vroeër vanaand op Lentedag, 1 September opslag dood in ‘n ernstige ongeluk op die R57 langs die Eco Park in die rigting van Vanderbijlpark.

Met die aanbreek van  lentedag 2018 het die braaivleisvure hoog gebrand, alkohol vrylik gevloei en gepaardgaande ongelukke was oral in die Vaaldriehoek in oorvloed.

ER24, Netcare 911, Vaal Emergency Care, insleepdienste en die brandweer  het een van hul besigste dae in ‘n lang tyd beleef.

Die groot ongeluk waarin drie mans in ‘n Audi A4 dood is het net na 18:00 vroeër vanaand plaasgevind. Volgens Ryno en Carla Kleynhans was hulle van Sasolburg se rigting na Vanderbijlpark op pad toe ‘n Volvo XC90 van agter af met ‘n spoed kom. “Ek het na die linkerbaan beweeg maar gesien dat daar ‘n voertuig aan die verkeerde kant van die dubbelweg, met net een lig aan,  in die regterbaan reguit op ons afpeil,” vertel Ryno. “Ek het hoeter gedruk en die bestuurder van die Volvo probeer waarsku. Die volgende oomblik ry die Audi A4 en die Volvo kop-teenkop teenmekaar vas,” vertel Ryno.

Agter die Volvo was ‘n jong man en vrou en was in ‘n sekondêre ongeluk betrokke teen een van die voertuie. Die paartjie was egter ongedeerd. Netcare 911 en Vaal Emergency Service se paramediese personeel het die beseerde bestuurder van die Volvo op die toneel behandel. Die bestuurder van die Volvo is kritiek en is teen 20:50 na die hospitaal deur Netcare 911 se helikopter gevlieg vir behandeling Al drie insittendes van die Audi is op die toneel dood verklaar.

Sasol polisie en forensiese deskundiges is op die toneel en ondersoek die ongeluk.

PHOTO GALLERY: JANNIE DU PLESSIS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button