Lyk naby NWU kampus gekry
VANDERBIJLPARK. - ‘n Lyk is Saterdagoggend 1 September naby die NWU Vaal kampus in die rivier gevind.
OPDATERING: *
VANDERBIJLPARK. – ‘n Lyk is Saterdagoggend 1 September naby die NWU Vaal kampus in die rivier gevind.
Bulelani Humphrey Sigwebela is sedert 22 Julie vermis en sy familie het hom die dag daarna as vermis aangemeld. Bulelani het die dag met ‘n bruin Peugeot gery om elektrisiteit te gaan koop toe hy verdwyn het.
Saterdagoggend is die lyk van ‘n man naby die NWU kampus gevind wat in die water gedryf het.
Die lyk is as Bulelani se liggaam geïdentifiseer. *Hy het twee skietwonde aan die kop gehad. Die lyk was toegedraai in ‘n kombers en met toue vasgemaak. Sy gesig was toegemaak met ‘n swart en wit plastiese sak. Sy hande en voete was vasgebind met elektriese draad en met ‘n ysterpyp agter sy rug, was hy aan ‘n betonblok vasgemaak voor hy in die water gegooi is. Die lyk het egter na die oppervlak gedryf.
*Die outopsie het aangedui dat daar egter geen skietwonde was soos voorheen beweer is nie. Die gate was heelwaarskynlik toe te skryf word aan die aftakeling van die liggaam in die water.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.




