Russe kom agter SA vodka is baie sterk – ongeluk
Russe kom agter SA vodka is baie sterk
VANDERBIJLPARK. – Twee Russe het gisteraand agter gekom dat die drank in SA baie sterk is.
Die ongeluk het gisteraand 2 September, net voor 20:00 in Verdistraat, reg voor Roco Mamas gebeur. Die twee Russiese burgers, wat geen woord Engels kan praat nie, het teen ‘n boom langs die heining van die Spur en Roco Mama gebots. Volgens omstander wou die twee manne sommer verder ry met die gehuurde Imperial voertuig. Die voorste modderskerm was reeds op die agtersitplek gelaai toe die media op die toneel kom. Die voertuig was egter te veel beskadig. Die polisie kon geen arrestasie maak aangesien soos die polisieman gesê: “They hit a tree and not a person/persons or other cars”.
Op die toneel kon mens egter hoor in hul vreemde taal dat hulle ons Suid-Afrikaanse voggies geniet het.







