CommunityCompetitionsPhoto Galleries

Aartappels gaan vlieg!

SASOLBURG.- Die aartappels gaan behoorlik vlieg tydens Tafelronde Sasolburg 41 se Spudcannon Festival wat op Saterdag 5 September by die DP de Villiersstadion plaasvind. Die vorige fees was vol opwinding en al die spanne (wel meeste van hulle), het aartappels geskiet dat die biesies bewe. Kom skryf jou span in en kom kyk of jy …

SASOLBURG.- Die aartappels gaan behoorlik vlieg tydens Tafelronde Sasolburg 41 se Spudcannon Festival wat op Saterdag 5 September by die DP de Villiersstadion plaasvind.
Die vorige fees was vol opwinding en al die spanne (wel meeste van hulle), het aartappels geskiet dat die biesies bewe. Kom skryf jou span in en kom kyk of jy die aartappelkanon-koning is. Spanne bestaan uit drie lede en inskrywings beloop R150. Die kanonne moet aan alle kompetisie-voorwaardes voldoen en mag sodoende slegs uit PVC pyp bestaan. Die hele kanon mag nie langer as 2 meter in lengte wees nie. Die aërosol wat gebruik word sal deur Tafelronde voorsien word om almal op gelyke voet te hou.
Indien jy meer oor die reëls van die kanonne en die skiet daarvan te wete wil kom, kan jy die lede van Sasolburg Tafelronde 41 gerus kontak.
Vir meer inligting en om jou plek te verseker kontak vir Stefan by 083 642 3616 of Leeu by 082 323 4368.

Related Articles

 
Back to top button