CommunityNews

Tekkiefees om die draai

VEREENIGING. – Die dae word afgetel tot een van die grootste kultuur gebeurtenisse op Vereeniging se kalender: Vereeniging Gimnasium se jaarlikse Tekkiefees. Dié fees beloof om soos gewoonlik meer as genoeg vermaak vir jonk en oud te bied. Die Tekkiefees vind op 4 en 5 September by die skool plaas en dit is die tweede …

VEREENIGING. – Die dae word afgetel tot een van die grootste kultuur gebeurtenisse op Vereeniging se kalender: Vereeniging Gimnasium se jaarlikse Tekkiefees. Dié fees beloof om soos gewoonlik meer as genoeg vermaak vir jonk en oud te bied. Die Tekkiefees vind op 4 en 5 September by die skool plaas en dit is die tweede keer dat dié fees plaasvind nadat Hoërskool Vereeniging en HTS Vereeniging saamgesmelt het. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Gerhard Steyn, Snotkop, die Flooze en vele meer gaan optree.
Toegang beloop R70 vir volwassenes en R40 vir kinders. Daar sal genoeg veilige parkering wees sodat daar met ’n geruste hart makietie gehou kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button