EntertainmentSportSport

Tonge klap oor Dries se beoogde skuif

VANDERBIJLPARK. – Gerugte dat Dries van Heerden, voormalige skoolhoof van die HTS Vereeniging en Vereeniging Gimnasium, eersdaags in een of ander rol by die Hoërskool Transvalia betrokke gaan raak, is nie ongegrond nie. Hoewel die Hoërskool Transvalia by monde van Tiaan Valentine, direkteur: openbare betrekkinge en media nie die aap uit die mou wou laat …

VANDERBIJLPARK. – Gerugte dat Dries van Heerden, voormalige skoolhoof van die HTS Vereeniging en Vereeniging Gimnasium, eersdaags in een of ander rol by die Hoërskool Transvalia betrokke gaan raak, is nie ongegrond nie.
Hoewel die Hoërskool Transvalia by monde van Tiaan Valentine, direkteur: openbare betrekkinge en media nie die aap uit die mou wou laat nie, het hy wel bevestig dat Johann Venske, die skoolhoof van Transvalia, wel in samesprekings met Van Heerden is. Van Heerden is ’n sportkenner sonder weerga. Sy rykdom kennis as afrigter Dries van Heerden gaan moontlik binnekort sy gewig by die Hoërskool Transvalia ingooi en sport-administrateur sal ’n aanwins vir enige skool wees.

Dries van Heerden gaan moontlik binnekort sy gewig by die Hoërskool Transvalia ingooi.
Dries van Heerden gaan moontlik binnekort sy gewig by die Hoërskool Transvalia ingooi.

Related Articles

 
Back to top button