Local newsNewsNews

Paramedikus word pasiënt

Paramedikus word pasiënt

VANDERBIJLPARK. – ‘n Paramedikus van die Gauteng EMS is vanmiddag beseer toe ‘n taxi op die kruising van die R57 (Goue Hoofweg) en Miltonstraat teen die noodvoertuig gebots het.

Die ongeluk het net voor 16:00 plaasgevind. Die taxi was in ‘n suidelike rigting op pad terwyl die paramedikus vanaf Miltonstraat oorbeweeg het in die rigting van Bonané. Die bakkie is op die bestuurkant getref. Volgens ‘n ooggetuie het die bakkie deur die lug getrek voor dit gerol het na die botsing. Gauteng EMS personeel was op die toneel en het die beseerde paramedikus behandel en na die hospitaal geneem. Geen ander besrings is aangemeld nie.

Verkeer is erg ontwrig en die CW6 buurtwaglede het ingespring om die verkeer te reguleer.

Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis
Foto: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button