[Video en fotos] Drie gehospitaliseer na voertuig rol
Drie gehospitaliseer na voertuig rol
VANDERBIJLPARK. – Die bestuurder en twee kinders is beseer nadat hulle voertuig in ‘n ongeluk gerol het in Evereststraat.
Die ongeluk het vanoggend, 15 September, net voor 12:00 gebeur toe ‘n blou Toyota Yaris ‘n wit Opel Corsa wou verbysteek terwyl die Opel wou indraai by Garnierstraat. Die Toyota het die Opel aan die sykant getref, die randsteen raakgery en toe ‘n boom geslaan voordat dit verder in die pad af gerol het. Die bestuurder, ‘n jong seun en ‘n klein kind is deur ambulansdienste op die toneel behandel en na die hospitaal geneem vir behandeling. Die bestuurder van die Opel het net ‘n sny op die neus opgedoen.
Die pad in Evereststraat was vir ‘n geruime tyd gesluit terwyl die CW3 buurtwag die verkeer gereguleer het. Vaal Auto Craft het die voertuig weer op sy voete staangemaak en weggesleep. Die Toyota is onherstelbaar beskadig.








