Vaal se ystervrou bo
VANDERBIJLPARK. – Die Clotan Steel Bergfietswedren wat Sondagoggend by Stonehaven plaagevind het, het hope opwinding opgelewer. Avontuursport-entoesiaste van regoor die land het aan die 70- en 36km-wedrenne deelgeneem. In die 70km-hoofwedren vir mans het die 22-jarige Arno du Toit in ’n tyd van 2:24:53 koning gekraai en plaaslike ystervrou, Sylvia van Tromp van Sasolburg, het …

VANDERBIJLPARK. – Die Clotan Steel Bergfietswedren wat Sondagoggend by Stonehaven plaagevind het, het hope opwinding opgelewer.
Avontuursport-entoesiaste van regoor die land het aan die 70- en 36km-wedrenne deelgeneem. In die 70km-hoofwedren vir mans het die 22-jarige Arno du Toit in ’n tyd van 2:24:53 koning gekraai en plaaslike ystervrou, Sylvia van Tromp van Sasolburg, het die vroue-wedren in ’n blitsige 02:35:59 gewen. In die 36km-wedrenne het Theuns Viljoen (01:17:43) en Karien de Kock (01:29:06) onderskeidelik die mans- en vroue-afdeling gewen. Die roete het lekker enkelpaadjies en verskeie uitdagings vir die jaers ingehou en beskik oor die regte bestanddele om een van die groot bergfietswedrenne in Suid-Afrika te word.
*Vir die volledige uitslae besoek www.spectrumsport.co.za







