Local newsNewsNewsBreaking News

Twee dood in twee ongelukke

Twee dood in twee ongelukke

VANDERBIJLPARK. – Een persoon is dood toe die voertuig waarmee hy en ‘n passasier gery het teen ‘n boom gebots het op die R716 naby Vaal Marina en ‘n voetganger is doogery op die kruising van Delfos Boulevard en die Goue Hoofweg.

Die ongeluk by Vaal Marina het Sondag 23 September  ongeveer 11:00 plaasgevind. ER24 paramediese personeel het die bestuurder nog in sy sitplek gekry maar hy was reeds dood. ‘n Passasier, wat buite gesit het, het net ligte beserings opgedoen en is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling.

Die voetganger is ongeveer 09:00 doodgery terwyl drie ander pasiënte voor die voertuig gesit het. Hulle het net ligte beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem. Die voetganger het ‘n ent verder weg gelê maar was reeds dood en is op die toneel dood verklaar.

FOTO: ER24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button