VANDERBIJLPARK. – Vyf persone is vanoggend, 25 September, beseer toe twee voertuie op die Goue Hoofweg (R553), agter ArcelorMittal in ‘n ongeluk betrokke was.
Die ongeluk het voor 07:00 gebeur toe die wit Ford Bantam bakkie klaarblyklik ‘n voertuig wou verbysteek en teen ‘n aankomende silwergrys Jetta, met vier insittendes, se sykant gebots het. Die bestuurder van die Bantam, met sewe insittendes, het toe beheer verloor en die bakkie het gerol. Vyf van die sewe insittendes van die Bantam bakkie is op die toneel deur ER24 en Gauteng EMS paramediese personeel behandel en na die hospitaal geneem vir behandeling. Nie een van die persone is ernstig of kritiek beseer nie.
Die SAPD was op die toneel en die ongeluk word ondersoek.
FOTOS: JANNIE DU PLESSIS












