Jong meisie met glasskerf aangeval
Ouers, waarsku jul kinders om liewer nie alleen te stap nie!
‘n Jong meisie van Vanderbijlpark het Dinsdag, 25 September, ‘n skokervaring gehad toie ‘n aanvaller haar met ‘n glasbottel probeer steek en gewurg het.
Andries Visagie van AfriForum se Vanderbijlparktak, het die volgende inligting verskaf:
Daar is op 25/9/2018 ‘n dogter in Nathanstraat SE2 aangeval deur ‘n man met ‘n stukkende bottel. Hy het haar met die bottel probeer steek en haar gewurg. Sy kon haarself verdedig (sy het ervaring in Oosterse vegkuns) maar het steeds snymerke aan haar arms opgedoen. Die man is omtrent 1.7m lank en skraal gebou, nie-blanke man. Sy kon ongelukkig nie ‘n beskrywing van sy kleredrag gee nie.
Kinders moet van jongs af geleer word om bewus te wees van hulle omgewing (“situational awareness”) en waar moontlik, ‘n vorm van selfverdediging te kan toepas. Dis ook veiliger om nie alleen op straat te loop nie, selfs in die buurt waar jy woon. Daar is al heelwat gevalle gerapporteer van kinders wat beroof is van hulle selfone en ander waardevolle items.
Afriforum Vanderbijlpark
26/9/2018



