AmusingEntertainmentLifestyleLocal newsNews

AGS Plotte maak pret in pajamas!

Geheime boodskappe en groot verwarring heers toe lidmate probeer sin maak uit dié gebeure!

Lidmate van die AGS Vanderbijlpark Plotte het die lente verlede maand hartlik verwelkom tydens ‘n gesellige ‘pajama-ontbyt’. Groot pret (en heelwat verwarring!) het geheers toe ‘n ‘wonder-ete’ bedien is. Al die kos het ander name gehad en die gaste moes geheime boodskappe ontsyfer om te bepaal wat ‘n mes, vurk of lepel was om te verhoed dat hulle hul kos met die hand moes eet. Dit het natuurlik ‘n groot gegiggel afgegee toe van die lidmate hul melktert met die hand moes eet! Pastoor Hawie Havenga sê hy het lanklaas ‘n geleentheid só geniet en kan skaars wag vir die volgende een. Enigiemand wat meer oor die kerk se bedrywighede te wete wil kom, kan Pastoor Hawie by 071 456 3759 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button