LifestyleLocal newsNews

Laat kontrakteurs toe om dorp se vullis te verwyder, vra DA

Met geen begroting of trokke van hulle eie nie, het drie DA-raadslede in die Emfuleni Plaaslike Raad, Yvonne Coertze, Phillip Nothnagel en Elize Aucamp, onlangs besluit om self in te spring en te help met die vullisverwydering by Jeugland-ouetehuis.

VANDERBIJLPARK. – Met geen begroting of trokke van hulle eie nie, het drie DA-raadslede in die Emfuleni Plaaslike Raad, Yvonne Coertze, Phillip Nothnagel en Elize Aucamp, onlangs besluit om self in te spring en te help met die vullisverwydering by Jeugland-ouetehuis.
Soos in meeste ander gebiede van Vanderbijlpark, is Jeugland se vullis etlike weke lank nie deur die Emfuleni Plaaslike Raad (ELM) verwyder nie.
Raadslid Coertze, wyksraadslid vir die gebied, sê dit is onaanvaarbaar dat weerloses in die gemeenskap, soos die bejaardes, geen beskerming van ELM ontvang nie en aan die gesondheidsgevaar van opgehoopte vullis blootgestel word.
Die DA in Emfuleni het verlede Maandag ‘n amptelike voorlegging aan die munisipale bestuurder, mnr. Dithabe Oupa Nkoane, gedoen waarin versoek is dat kontrakteurs uit die verskeie woongebiede waar vullis nie verwyder word nie, aangestel word en weekkontrakte moet ontvang om die vullis te verwyder.
Raadslid Aucamp sê daar is geen verskoning waarom vullis nie verwyder kan word nie.
“Emfuleni ontvang maandeliks getrou hul geld vanaf die gemeenskap vir vullisverwydering. Daar IS is dus geld beskikbaar om kontrakteurs te betaal,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button