CommunityNewsNews

’n Fees soos geen ander!

VANDERBIJLPARK. – Die fees, Wheels at the Vaal, het ‘n trotse geskiedenis met die viering van interessante aspekte van ons erfenis en kultuur. Die fees word saamgestel om jonk en oud te pas, ongeag geslag, geloof of politieke oortuiging. Dit is voorwaar ‘n familiegeleentheid. Onthou die feesdatums: vanaf Vrydag 4 tot Sondag 6 September van …

VANDERBIJLPARK. – Die fees, Wheels at the Vaal, het ‘n trotse geskiedenis met die viering van interessante aspekte van ons erfenis en kultuur. Die fees word saamgestel om jonk en oud te pas, ongeag geslag, geloof of politieke oortuiging. Dit is voorwaar ‘n familiegeleentheid. Onthou die feesdatums: vanaf Vrydag 4 tot Sondag 6 September van vroeg tot laat.
Bo en behalwe die vertoon van veteraan- en klassieke voertuie het baie stalletjiehouers hul plekke al bespreek en hulle sien almal daarna uit om besoekers van diens te wees. Daar is ‘n groot verskeidenheid stalletjies en iets vir ‘n ieder en ‘n elk word gewaarborg. ‘n Menigte handwerkers en tuisnyweraars sal ‘n voortreflike lys produkte voorlê. Die lys is lank en fassinerend: kledingstukke en toebehore, T-hempdrukwerk, handsakke, hekel- en naaldwerk, handgemaakte goedere, speelgoed en opvoedkundige hulpmiddels, glaskrale, juweliersware, gesondheidsmiddele, houtwerk, tuisgebak, tuisgemaakte lekkers, blatjange en ingelegde eetgoed, droë vrugte en miniatuur plante. Handelaars van antieke en versamelbare items sal oudhede uitstal.
Miskien is daardie versamelaarstuk waarna jy al so lank soek, versteek tussen die ander items, ‘n mens weet nooit. Baie versamelaars sal verseker tevrede huis toe gaan!
Handelaars van motortoebehore, toerusting en hardeware sal hulle produkte vertoon, baie daarvan vir die eerste keer. Die nuutste tegnologie sal ook te sien wees.
Die hongeres sal hulle kan verlustig in die wye keuse van kosse by die groot verskeidenheid kosstalletjies om elke smaak te pas. Daar’s tradisionele hamburgers, worsbroodjies, hoender- en biefsosaties, kerrie en rys, potjiekos, Indiese kos, vetkoek, pannekoek en veel meer. In die binnehof by die Heritage Museum kan besoekers om tafels kuier met vermaak wat om die uur deur musikante en kunstenaars verskaf word. Wat is lekkerder as om tyd deur te bring met vriende en familie? Vir verdere inligting skakel of SMS 082 492 5214.

Vir daardie glansgeleentheid, hetsy ‘n matriekafskeid, troue of ‘n verjaardag,  bied Modern Skin & Laser Clinic ‘n mediese Mesoglow Facial. Dit bestaan uit ‘n verskeindenheid produkte, waaronder  vitamien C, groeihormoon en ‘n verskeidenheid peptiedes wat dadelik ongelooflike resultate bied. Modern Skin & Laser Clinic beveel aan dat die eerste behandeling twee- tot vier weke voor jou belangrike dag gedoen word en die tweede behandeling in die week voor die geleentheid. Vir ‘n glansende pumped-up-skin, kos die eerste behandeling R780 en die tweede R480. Dr. Suzanné van den Berg, Tania Smith en Zelda Engelbrecht is reeds volstoom aan die gang met velbehandelings van Modern Skin & Laser Clinic. Kom besoek hierdie kliniek by hul nuwe perseel by Zhorta Troyanda in Chopinstraat in Vanderbijlpark. Laat dr. Van den Berg en haar baie bekwame span jou onder hande neem. Vir meer inligting kontak (016) 981 3111/2/3 of 071 549 8440.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button