Local newsNationalNewsNewsBreaking News

Brekende nuus – ouditeur wat Emfuleni se geldsake ondersoek, geskiet

Die Polisie is tans op die toneel in SE2, Vanderbijlpark

Retha Fitchat

Die Polisie ondersoek die toneel in Danie Theronstraat, SE2, nadat ‘n vroulike ouditeur wat betrokke is by die ondersoek na die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se chaotiese geldsake, vroeg vanoggend in ‘n gastehuis geskiet is.
Die vrou en nog ‘n ouditeur het in die gastehuis tuisgegaan sedert hulle met die forensiese ondersoek na onregmatige besteding in Emfuleni, begin het.
Volgens onbevestigde bronne het die rowers vanoggend (Vrydag 12 Oktober) omstreeks 04:00 in haar kamer ingebreek en haar twee keer in die bene geskiet. Hulle het slegs haar skootrekenaar gesteel.
Die manlike ouditeur, wat ook by die ondersoek betrokke is, was in ‘n ander slaapkamer en is gelukkig nie beseer nie.
Die beseerde vrou is na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
Die polisie ondersoek die saak.
Meer inligting sal volg sodra verdere inligting beskikbaar word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button