HealthLocal newsNews

Niemand hoef met rioolstank saam te leef nie

'Ek sien geen nodigheid vir enige opgevoede mens om daagliks met die stank van riool te leef nie... ongeag die oorsaak' - Mari Mayburgh

Mari Myburgh van die Emfuleni Ratepayers Association en kampvegter vir inwoners se regte, skryf na aanleiding van verskeie voorvalle van rioolverstoppings op residensiële erwe:
Dit is ongelukkig nie toelaatbaar vir private kontrakteurs soos Drain Surgeon, om Emfuleni-munisipaliteit (ELM) se rioolstelsel leeg te suig nie.
Ek weet van ‘n geval waar ‘n dame ‘n serwituut op haar dorpserf het (gebruikregte deur ELM), en die kontrakteur kon die rioolgat nie leeggesuig het nie omdat dit munisipale eiendom is.
Hy kon egter na die bure gegaan en daar gesuig het om die hoeveelheid gemors in haar erf te verminder.
Ek het ELM geskakel, maar nie een persoon kon aan ‘n oplossing dink nie. Hulle was ook huiwerig om toestemming te verleen vir die kontrakteur om ‘n diens te verrig wat ELM baie duidelik nie kon verrig nie.
Die Goue Driehoek Sakekamer het mos nou ‘n samewerkingsooreenkoms gesluit met die munisipaliteit, in samewerking met alle relevante partye – ook Emfuleni Ratepayers.
Kan die Sakekamer asseblief die bogenoemde probleem aan die raad voorlê en ‘n oplossing probeer vind? Gelukkige inwoners betaal graag die nodige heffings. Ek sien geen nodigheid vir enige opgevoede mens om daagliks met die stank van riool te leef nie… ongeag die oorsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button