VANDERBIJLPARK. – Vyf persone is beseer in ‘n ongeluk gistermiddag 17 Oktober op die R42 (Barrageweg) toe een voertuig ‘n ander wou verbysteek.
Die ongeluk het na 14:00 gebeur regoorkant die El Toro slaghuis. Beide voertuie was in die rigting van Lochvaal op pad toe die een bakkie met vyf persone regs wou draai in 1ste Laan. Die wit bakkie, met ‘n onbekende aantal persone het verby probeer steek en die twee voertuie het gebots.
ER24 Paramediese personeel het vyf pasiënte op die toneel behandel waarvan een baie ernstig beseer is. Hulle is na die hospitaal geneem vir behandeling.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



